Skaudustemme is here!

The Afrikaans translation of Dark Whispers has finally hit the shelves.
I'm so proud of this translation, and know that Afrikaans-speaking readers are going to love it!
Already some good reviews are coming in. Check this one in the Rapport, click here.
In dié debuutroman vir volwassenes (wat in Engels publiseer is as Dark Whispers) onthul een van Megan Wright, ’n sielkundige, se kliënte dat sy deur ’n snydokter wat in ginekologiese operasies spesialiseer, geskend is. Dit word duidelik dat die gewraakte operasie geen ongeluk was nie. Die vrywaringsbrief wat die pasiënt vooraf moes teken, maak dit egter onmoontlik om die betrokke dokter te laat vervolg.
Toe Megan haar kom kry, is sy daarop uit om dié dokter te ontbloot en te keer dat hy nog vrouelewens vernietig. Veral toe sy uitvind dat hy ’n hele paar ander pasiënte ook geskend het, soms so erg dat hulle nooit sal kan kinders hê nie. Nie een van die klagtes wat teen die dokter gelê is, was suksesvol nie. Verwikkelinge in Megan se persoonlike lewe word meesterlik met die verhaal se hoofspanningslyn vervleg.
Resensies:
“Lees hierdie riller. Dit gryp jou vas – so skokkend dat jy eers weer sal asemhaal wanneer jy klaar gelees het.” – Mike Nicol
“’n Kille verkenning van menslike kwesbaarheid en wreedheid, ‘n skrikwekkende en uiters genotvolle leeservaring.” – Amanda Coetzee
“Die skrywer se navorsing is puik. Sielkundige tegnieke soos kliniese hipnose word meesterlik deelgemaak van die intrige en nóg ’n genre-etiket is in orde: Dark Whispers is ’n sielkundige riller in die volle sin van die woord. Wat veral die bloed laat stol, is die roman se vreesaanjaende geloofwaardigheid. Ook dat dit so aktueel is: In die moderne era het die meeste van ons ’n amper blindelingse vertroue in ons dokters.” – Media 24
“Bloedstollend geloofwaardig!” – JB Roux
Dark Whispers is ’n heerlike spanningsvolle lees en word aanbeveel vir boekliefhebbers. – Sandra Marais (Sarie Tydskrif)
Reader Comments